’n Souserige gebakte sjokoladetert

Foto: Vrouekeur – Elmarie Knapton

’n Souserige gebakte sjokoladetert is die antwoord wanneer jy teen teetyd na iets soets smag

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS

10 tot 12 porsies

Bestanddele

TERT

2 ekstragroot eiers, geskei

125 ml (½ k) strooisuiker

30 ml (2 e) kookwater

60 ml (4 e) olie

125 ml (½ k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

60 ml (4 e) kakao

knypie sout

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

SOUS

90 ml (6 e) volroommelk

90 ml (6 e) strooisuiker

9 0 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek

30 ml (2 e) botter

SJOKOLADE-KARAMELLAAG

90 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek

3 60 g (1 blik) gekookte

karamelkondensmelk

1 Flake, gebreek

 LEES OOK: Sjokoladerolkoek

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Tert Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
  2. Meng kookwater en olie.
  3. Sif meel, bakpoeier, kakao en sout bymekaar. Roer oliemengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng. Roer vanieljegeursel by.
  4. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by beslag in.
  5. Skep beslag in oondbak van 22 cm in deursnee wat met kossproei gespuit is.
  6. Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  7. Sous Plaas al die bestanddele saam in kastrol. Verhit oor matige hitte tot gesmelt. Roer gereeld.
  8. Giet warm sous oor tert sodra dit uit oond kom.
  9. Laat tert afkoel.
  10. Sjokolade-karamellaag Smelt sjokolade oor dubbelkoker of in mikrogolf teen 50% krag vir een minuut. Roer en mikrogolf vir nog een minuut. Roer tot sjokolade glad en sonder klonte is.
  11. Roer kondensmelk tot glad. Meng by gesmelte sjokolade en smeer booor tert.
  12. Sprinkel gebreekte Flake oor tert en versier soos verkies.

 

Send this to a friend