SPEKKROKETTE OP STOKKIES

0

Bederf gaste met dié lekkerny

 

 spekrokette_stokkies

12 porsies

500 g (4 groot) aartappels, geskil

1 hoenderaftrekselblokkie

15 ml (1 e) botter

sout en peper na smaak

1 eiergeel

klont botter

250 g (1 pakkie) spek, gekap

10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap

3 grasuie, gekap

5 ml (1 t) Dijonmosterd

OM IN TE ROL

125 ml (½ k) koekmeel

1 eier, geklits

125 ml (½ k) droë broodkrummels

genoeg olie vir vlakvetbraai

1 Kook aartappels in borrelende water waarby hoenderaftrekselblokkie gevoeg is tot jy aartappels met mes kan deursteek.
2 Dreineer. Voeg botter, sout en peper by. Druk met aartappeldrukker tot glad en fyn.
3 Roer eiergeel by tot goed gemeng. Plaas in yskas tot afgekoel.
4 Smelt botter in kastrol. Soteer spek tot gaar. Voeg pietersielie en grasuie by en soteer tot net gaar.
5 Roer mosterd by en meng by aartappelmengsel.
6 Vorm in happiegrootte balletjies.
7 Om in te rol Rol in koekmeel, geklitste eier en dan in broodkrummels en plaas in yskas vir een uur tot styf.
8 Verhit genoeg olie en diepvetbraai balletjies tot goudbruin.
9 Steek balletjies op sosatiestokkies en sit saam met doopsous voor indien verkies.

spekkrokette stokkies

Lees ook dié

Kuns: Kuns in die kollig

Dié aanvangsversameling vir die Johannesburg Kunsmuseum sluit werk van die voorste 19de-eeuse Franse en Britse kunstenaars, asook dié van minder bekende Europese skilders in Johan ...