Kos

Sterkos: Anna Davel – Biltong-en-bokmelkkaas-slaai

0

gebakte_sjerrie_kaneel_poeding

‘Ek het eendag dié slaai met bestanddele in my yskas aanmekaargeflans. Ek het dit dadelik neergeskryf, want die kombinasie is heerlik!’

Anna Davel maak musiek wat die sinne streel en die hart roer. Dié pragtige vrou is baie besig op die verhoog en vertel sy maak selde kos. Sy hou baie van olywe, biltong, roketblare, seekos (garnale en oesters), knoffel, suurlemoen en olyfolie. Sy hou ook daarvan om koljander en neutmuskaat te gebruik.

Biltong-en-bokmelkkaas-slaai

4 porsies

300 g (1 pakkie) wilde roket

4 agurkies (soet en suur), in blokkies gesny

250 g (1 bakkie) rosatamaties, gehalveer

200 g nat beesbiltong, gekerf

100 g (1 rolletjie) bokmelkkaas (Geluksfontein)

1 6 calamata-olywe (Romesco)

SLAAISOUS

60 ml (4 e) Sicilian-slaaisous (Romesco)

1 Pak slaaibestanddele op geskikte opdienbord.

2 Bedien slaaisous saam met slaai.

 

Lees ook dié

Maak ‘n smullekker seekospotjie

Nooi familie en vriende oor om saam die somer te vier met hierdie watertand- Suid-Afrikaanse vakansiebederf en koel af met ’n glas koue Drostdy-Hof Chardonnay ...