TOFFIES MET SEESOUT

0

Maak hierdie Kersfees tuisgemaakte toffies as geskenke. Verpak Dit skattig met ’n handgeskrewe etiket

 

 toffies_met_seesout

Deur MARELI VISSER
Maak 80

570 ml (2¼ k & 2 t ) room

750 ml (3 k) suiker

360 ml (11/3 k & 2 e) gouestroop

80 g botter

5 ml (1 t) vanieljegeursel

5 ml (1 t) seesoutvlokkies

Voer ’n bakplaat met foelie uit en smeer dit met botter.

  1. Gooi room, suiker, gouestroop, botter, vanielje en 2,5 ml van sout in swaarboompot.
  2. Sit pot op stadige hitte en roer tot suiker opgelos is.
  3. Verhoog na matige hitte en kook tot goudbruin. Was gereeld suikerkristalle teen kant van pot met water en kwas skoon.
  4. Kook tot mediumbalstadium (121 °C).
  5. Gooi in bakplaat en sprinkel met orige seesoutvlokkies.
  6. Laat staan oornag op droë plek om hard te word.
  7. Verwyder uit pan en trek foelie af. Sny 2×2 cm-blokkies.
  8. Draai blokkies in waspapier in vierkantvorms toe en verpak in glasbottel.
  9. Bêre op koel plek.
seesouttoffies

Lees ook dié

Ertjie-en-spek-sop

In snerpende koue weer is ‘n vullende sop mos trooskos. Ertjie-en-spek-sop 6 porsies 312 ml (1¼ k) droë ertjies 1,5 l (6 k) water bietjie ...