TOOR MET KAAS – DIS NACHOSDAG!

Nasionale Nachosdag word jaarliks op 6 November in die VSA gevier… en mens kan gewoonlik net nie genoeg daarvan kry nie, so waarom dit nie ook aan hierdie kant van die Atlantiese Oseaan vier nie!

 

 nachodag

Nachos is ongetwyfeld ’n wenresep wat saam met ’n yskoue drankie op ’n warm somersdag bedien kan word, en die volgende resep is ekstra spesiaal weens die toevoeging van twee ALL GOLD vertrouelinge: ALL GOLD Hot & Spicy Tomato Sauce en ALL GOLD Chilli & Herbs Mexican Style Diced Tomatoes. Nooi jou familie en vriende, en vier Nachosdag in styl!

Mexikaanse Nachos

Bedien: 12

Bestanddele:

1 groot sak tortilla-mielieskyfies

1 koppie gerasperde mozzarella

1 jalapeño, dwars gesny, plus ekstra vir garneersel

2 blikkies ALL GOLD Chilli & Herbs Mexican Style Diced Tomatoes

1 koppie gerasperde cheddar

1 koppie suurroom

½ koppie gekapte sprietuie

1 medium ui, gekap

1 ryp avokado

2 teelepels suurlemoensap

Sout en swart peper

ALL GOLD Hot & Spicy Tomato Sauce

Instruksies:

  1. Verhit die oond vooraf tot 180°C en smeer ’n groot oondskottel.
  2. Pak ’n laag tortilla-skyfies onder in die skottel.
  3. Skep van die ALL GOLD Chilli & Herbs Mexican Style Diced Tomatoes oor die tortilla-skyfies.
  4. Voeg ’n bietjie gekapte rissie, sprietui, suurroom en ’n handvol gerasperde kaas by.
  5. Gaan voort om die bestanddele op hierdie wyse te rangskik, totdat jy dit afrond met ’n laag tortilla-skyfies bedek in gerasperde kaas, suurroom en ’n klein hoeveelheid gekapte rissie en sprietuie.
  6. Bak in die oond tot die kaas gesmelt het en begin borrel.

Guacamole

Instruksies:

  1. Om die guacamole te maak, maak een avokado fyn en meng die gekapte uie daarin.
  2. Meng die suurlemoensap daarby en voeg sout en swart peper na smaak by.
  3. Rond elke porsie af met nachos met ’n skeppie guacamole.

Om die dis ekstra skop te gee, voeg ’n bietjie ALL GOLD Hot & Spicy Tomato Sauce by wanneer jy dit bedien!

nachodag

Send this to a friend