Beesribrol met groente

beesribrol

Hierdie beesribrol is ideaal vir ‘n Sondagmiddag! 

6 porsies

2,5 kg ontbeende beesribrol

sout en peper na smaak

bietjie olie

1 ui, gekap

250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies

gesny

6 stukke spinasie, ontstingel

SOUS

250 ml (1 k) tamatiesous

125 ml (½ k) mayonnaise

60 ml (4 e) worcestersous

60 ml (4 e) blatjang

15 ml (1 e) sojasous

60 ml (4 e) Dijonmosterd

5 ml (1 t) sout

knypie swartpeper

GROENTE

2 4 klein aartappeltjies, gehalveer en

gewas

2 uie, geskil en in kwarte gesny

½ kop broccoli, in blommetjies gebreek

2 handevol klein tamaties

Stel oond op 180 °C.

  1. Rol platribrol oop. Geur met sout en peper.
  2. Verhit olie en soteer ui en sampioene tot sag. Skep uimengsel oor hele vleisrol.
  3. Plaas spinasie op sampioenmengsel en rol vleis op. Bind vleisrol elke 3 cm met toutjies vas.
  4. Plaas vleisrol in kasserolbak.
  5. Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor vleisrol. Plaas deksel op en bak vir twee uur.
  6. Haal deksel af. Pak aartappels rondom vleisrol. Plaas deksel weer op en bak nog ½ uur.
  7. Plaas uie, broccoli en tamaties rondom vleisstuk. Haal deksel af en bak nog ½ uur tot gaar.
  8. Rooster vleisrol onder oond se element totdat dit mooi bruin is. Sit warm voor.
Beesrib

Send this to a friend