Hamquiche met aartappelkors

0

Weet jy nie wat om vir aandete te maak nie? Probeer gerus hierdie heerlike hamquiche met ‘n unieke aartappelkors

 

8 porsies

 

AARTAPPELKORS

600 g aartappels

45 ml (3 e) botter, gesmelt

5 ml (1 t) sout

knypie swartpeper

bietjie olyfolie

VULSEL

4 eiers

250 ml (1 k) volroommelk

250 ml (1 k) room

2,5 ml (½ t) sout

knypie swartpeper

1 ui, fyngekap

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

500 g ham, in blokkies gesny

3 75 ml (1 ½ k) cheddarkaas,

gerasper

Stel oond op 200 °C.

 

  1. Skil en rasper aartappels grof, plaas in vergiettes en spoel onder lopende water af.
  2. Druk oortollige water uit gerasperde aartappels.
  3. Smelt botter in mengbak. Roer sout, peper en gerasperde aartappels by.
  4. Druk aartappels met eetlepel in oondbak (22 cm in deursnee en met botter gesmeer) teen kante en bodem vas.
  5. Plaas olyfolie in spuitbottel en spuit bietjie op aartappelkors. Bak vir 40 minute tot goudbruin.
  6. Klits eiers, melk en room. Roer sout en peper by. Hou eenkant.
  7. Sprinkel ui, knoffel, ham en kaas oor gebakte kors.
  8. Giet melkmengsel oor.
  9. Bak weer vir 25 minute of tot amper in middel gestol.
quiche

Lees ook dié

Roald Dahl se Vreeslike versies

0shares 0Deel 0Twiet 0Google+ 0Pin 0Print 0E-posRoald Dahl se Vreeslike versies is ’n versameling van ses omdigtings van ou bekende sprokies wat reeds in 1982 ...

Send this to friend