Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

LE CREUSET: ORANJE-EN-ROOI SLAAI

GENOEG VIR 8 | BEREIDINGSTYD: 5 MINUTE | GAARMAAKTYD: 15 MINUTE

BESTANDDELE

500 ml canola-olie

1 klein botterskorsie, in dun skywe

gesny

sout na smaak

20 g botter

100 g dennepitte

4 klein bete, in dun ringe gesny

250 g appelliefies

150 g granaatpitte

250 g rooi mikroslaaiblaartjies

150 g klein basilieblaartjies

100 ml olyfolie

METODE

  1. Verhit die canola-olie in ’n Le Creuset Stainless Steel Deep Casserole. Laat sak die skywe botterskorsie versigtig in die warm olie en braai dit tot dit bros en bruin om die rande is. Skep die botterskorsie uit die olie en laat dit op kombuispapier dreineer. Geur dit met sout terwyl dit nog warm is.
  2. Verhit die botter in ’n Le Creuset Signature Skillet. Roerbraai die dennepitte tot dit goudbruin is. Laat dit op kombuispapier dreineer en geur dit na smaak met sout.
  3. Gebruik ’n Le Creuset Dinner Plate en pak klein hoeveelhede van die verskillende bestanddele in lae – en in ’n reguit lyn – op die bord uit. Begin met die rou beetskyfies en appelliefies en eindig met die botterskorsie en dennepitte.
  4. Garneer die slaai met die rooi mikroslaaiblaartjies en klein basilieblare. Drup ’n bietjie olyfolie oor en sit dit voor.
 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Kuns: Heidi Fourie
In Vrouekeur van 18 Maart skryf Johan Myburg oor die werk van die Pretoriase kunstenaar Heidi Fourie. Die inligting hier onder is ter aanvulling van...
Ons wens
Ons wens al ons lesers 'n voorspoedige nuwe jaar toe! Hier deel ons span hul wens vir 2013'
Checkers se Kersgeskenke vir liefdadigheid
’n Groepie lede van die media en Kaapstadse bloggers kon vandeesweek hul lyf “Kersvader-elfies” hou en help om geskenke in Checkers Seepunt uit te...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms