Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

LE CREUSET: ROMERIGE BESSIE-SUIGYSIES

GENOEG VIR 9-10 | BEREIDINGSTYD: 5 MINUTE

BESTANDDELE

1 l dik Grieksestyl jogurt

250 ml volroommelk

125 g bevrore bloubessies, in ’n voedselverwerker verpulp

125 g bevrore frambose, in ’n voedselverwerker verpulp

125 g bevrore aarbeie, in ’n voedselverwerker verpulp

300 g versiersuiker, gesif

Houtroomysstokkies

METODE

  1. Skep die jogurt in ’n Le Creuset Mixing Bowl en roer die melk by.
  2. Verdeel die jogurtmengsel tussen drie klein bakkies. Skep elke soort bessiepuree saam met 100 g gesifte versiersuiker by ’n bakkie jogurt en meng dit goed. Proe of dit soet genoeg is en voeg nog versiersuiker by, indien nodig.
  3. Verdeel die mengsels tussen Le Creuset Espresso Mugs en sit dit in die vrieskas vir omtrent 2-3 uur tot dit halfgevries is.
  4. Druk die roomysstokkies in die middel van die koppies in en sit dit terug in die vrieskas tot dit kliphard gevries is.
  5. Doop die koppies letterlik ’n sekonde of twee in kookwater wanneer jy dit wil voorsit om die suigysies maklik uit te kry.
 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Vyf wenke wat jou kan help in moeilike ekonomiese tye
Deesdae se ekonomiese nuus maak Suid-Afrikaners senuweeagtig. Van bedrogaanklagte teen ons Minister van Finansies, hoë belastingkostes vir 2017 tot...
Kry ‘n kwalifikasie
Vroeër jare was dit byna ’n gegewe dat jy ná matriek universiteit toe gaan, maar vandag se jongmense volg dikwels ’n heel ander beroepspad Deur LOUISE...
'n Troue vol Romanze
Dié vier sexy manne het onlangs hul slag in Monaco gewys en hul visier is nou op die groter mark ingestel.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms