Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

STERKOS: ANEL ALEXANDER - VEGETARIESE SLAAI

Die bekende aktrise Anel Alexander sê sy was nog nooit regtig ’n ywerige kok nie, maar dit het nou verander.

“Ek kom uit ’n familie wat vreeslik lief is vir kos en kuier. Op die oomblik is ek totaal en al aan Thai-kos verslaaf.” Beskuit vat haar egter terug na haar kinderdae. “My swart ma, Jane, het elke Woensdag ’n baksel karringmelk- en volgraanbeskuit gebak. Sy het altyd vir ons ’n nat stukkie gebêre vir wanneer ons van die skool af kom. Ons kinders het letterlik oor die nat beskuit baklei.”

KOSFILOSOFIE Hou dit vars en eenvoudig. Ek hou nie van doodgekookte of doodgebraaide kos en groente nie. Eet kos so naby as wat dit uit die natuur kom.

Vegetariese slaai

4 porsies

1 bos vars beet

45 ml (3 e) olyfolie

45 ml (3 e) balsemieke asyn

vars roosmaryn na smaak

8 jong murgpampoentjies, in dun skyfies gesny

1 pakkie jong groenboontjies (string beans)

1 pakkie ertjiepeule (sugar snaps)

200 g (1 pak) babaspinasie

1 fetakaasskyf/gorgonzola of bokmelkkaas, gekrummel

50 g (½ pakkie) gevlokte amandels

SLAAISOUS

45 ml (3 e) suurlemoensap

60 ml (4 e) olyfolie

2,5 ml (½ t) Dijonmosterd

10 ml (2 t) sagte bruinsuiker of fruktose

knypie sout knypie peper

3 grasuie, gekap

Stel oond op 180 °C.

1 Skil en sny beet in blokke. Plaas in oondpan.

2 Voeg olyfolie, balsemieke asyn en roosmaryn by. Meng goed.

3 Bedek oondpan met foelie en bak vir 40 tot 60 minute tot sag. Roer elke 20 minute. Jy moet beet met mes kan deursteek. Hou eenkant tot afgekoel.

4 Voeg murgpampoentjies, groenboontjies, ertjiepeule en babaspinasie bymekaar en meng. Verdeel tussen opdienborde.

5 Sprinkel beet, kaas en amandels bo-oor.

6 Slaaisous Plaas bestanddele in geskikte houer en skud tot goed gemeng.

7 Bedien slaaisous apart saam met slaai.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
20 geskenke wat kinders nodig het
Dis tradisioneel die tyd wat ‘n mens gee, maar die beste geskenke vir kinders kan jy elke dag gee, nie net Kersfees en verjaardae nie …
VIDEO: 6 Ongelooflike feite oor jou liggaam
Het jy al dié feite geweet?
Klassieke klanke: Die Oostenrykse Bregenz-musiekfees
Die groot trekpleister op die Bregenz-fees is die “waterverhoog” waar Puccini se Turandot vanjaar aangebied is
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms