Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

EIERVRUGSLAAI

Heerlik én vol proteïne

4 porsies

5 eiervrugte

olyfolie

sout en peper na smaak

150 g (1 pakkie) klein spinasieblaartjies

1 fetakaassirkel

60 ml (4 e) granaatpitte

60 ml (4 e) dennepitte, liggies gerooster

hand vol vars koljanderblare

SLAAISOUS

45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 e) heuning

1 ml fyn komyn

5 ml (1 t) witasyn

1 Sny eiervrugte in 1 cm-skywe. Verf albei kante met olyfolie en braai in warm riffelbraaipan vir ongeveer twee minute aan elke kant. Geur met sout en peper.
2 Laat op afkoelrakkie afkoel wat op kombuispapier staan om oortollige olie te absorbeer.
3 Pak spinasie op opdienbord gevolg deur gebraaide eiervrugskywe, fetakaas en granaatpitte.
4 Sprinkel dennepitte en vars koljanderblare bo-oor.
5 Slaaisous Meng bestanddele saam en giet net voor opdiening oor slaai.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Italiaanse Panettone
Maak heerlike panettone
Mode: Vrolike voete
Laat jou tone weer asem haal in ’n paar oulike sandale. Moenie ons 2 Oktober uitgawe – propvol keuses – misloop nie! Hier is solank ’n paar van ons...
Arno Jordaan
Arno gesels oor sy gunstelingplek om te wees en ook waar jy hom nooit sal vind nie
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms