Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

GROENTESLAAI

Dink bietjie uit die boks en maak dié slaai

4 porsies

aspersies, gestoom

½ kop broccoli, in blommetjies gebreek en gestoom

125 g (1 pakkie) jong groenboontjies, gestoom

250 g (1 pak) babaspinasie

1 avokado, ontpit en in repe gesny

1 komkommer, in dun repe gesny

SOUS

125 ml (½ k) ryswynasyn

60 ml (4 e) suiker

30 m (2 e) sesamolie

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

2,5 ml (½ t) gemmer, fyngekap

VIR BO-OOR

30 ml (2 e) sesamsaad, gerooster

30 ml (2 e) amandelvlokkies, gerooster

1 Stoom aspersies, broccoli en groenboontjies vir ongeveer vier minute. Groente hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
2 Pak spinasie, gestoomde groentes, avokado en komkommer op opdienbord.
3 Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor slaai.
4 Vir bo-oor Sprinkel geroosterde sesamsaad en amandelvlokkies bo-oor slaai en sit voor.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
BOEKE: 'n Leon van Nierop-naelbyter
Insomnia is 'n nuwe roman deur Leon van Nierop en is 'n verwerkte weergawe van die gewilde vervolgverhaal in Vrouekeur.
Swart, wit & denim
Denim sal altyd in die kol wees. Kombineer dit met swart en wit en jy sal nie ‘n modevoet verkeerd sit nie. Dis stylvol, tydloos en prettig
Musiek vir die agtergrond
Kyk na die lokprent van Musiek vir die agtergrond met John-Henry Opperman, Lizelle de Klerk, Brumilda van Rensburg, Ian Roberts, Neil Sandilands en...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms