Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

AARTAPPELSLAAI MET BLOUKAASSOUS

Wyk 'n bietjie af van die gewone aartappelslaai en maak dit met 'n bloukaassous

8 porsies

8 groot aartappels

4 ekstragroot eiers, gekook en in

skywe gesny

6 grasuie, gekap

15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap

SLAAISOUS

5 0 g (½ pakkie) bloukaas, gekrummel

175 ml (1 klein bakkie) gewone jogurt

125 ml (1½ k) mayonnaise

sout en peper na smaak

1 Kook aartappels in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is tot dit net met mespunt kan deursteek.
2 Dreineer, laat afkoel, trek skille af en sny in blokke.
3 Meng aartappels, eiers, grasuie en pietersielie liggies bymekaar.
4 Slaaisous Meng bestanddele vir slaaisous en roer by aartappels tot net gemeng.
5 Sit teen kamertemperatuur of koud voor.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Is jou kind 'n introvert of ekstrovert?
Nie seker of jy 'n introvert of ekstrovert is nie? Dalk kan die vraelys hier onder jou help om uit te vind.
Louise Smit
Sewe vrae aan Louise Smit, die “ma” van Bennie Boekwurm, Karel Kraai en Sarel Seemonster: Was storietyd vir jou as kind baie belangrik...
Sê baie geluk met bruinpapier
’n Bos blomme is baie meer spesiaal as jy dit self toedraai.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms