Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

KOESKOESSLAAI

'n Maklike resep vir 'n heerlike koeskoesslaai

4 tot 6 porsies

genoeg olyfolie

5 00 g (1 pak) botterskorsie, in blokkies gesny

sout en peper na smaak

2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny

2 rooi uie, in wiggies gesny

KOESKOES

500 ml (2 k) kookwater

10 ml (2 t) groente-aftrekselpoeier

1 0 ml (2 t) gedroogde gemengde

kruie

15 ml (1 e) olyfolie

500 ml (2 k) koeskoes

1 00g (1 pakkie) pekanneute, liggies gerooster

Stel oond op 180 oC.

1 Sprinkel bietjie olyfolie bo-oor botterkorsie en bak vir 25 minute of tot sag. Haal uit oond en sprinkel bietjie sout en peper oor.

2 Verhit bietjie olyfolie en braai spek tot amper gaar. Voeg rooi uie by en soteer tot ui sag is. Verwyder van hitte en meng by botterskorsie.

3 Koeskoes Plaas kookwater, aftrekselpoeier, gemengde kruie en olyfolie in mengbak. Roer tot goed opgelos. Roer koeskoes by en plaas deksel of bord bo-op vir ongeveer 10 minute tot uitgeswel.

4 Roer koeskoes met vurk tot dit los van mekaar is.

5 Roer pekanneute deur koeskoes. Roer botterskorsiemengsel liggies by koeskoes.


WENK

Jy kan die slaai tot drie dae in die yskas hou

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Kom ons vier Ma-wees!
Ons het 'n paar oulike skoonheidsgeskenkidees opgespoor vir Ma die Moedersdag. Kyk in ons 10 Mei uitgawe met watter oulike goedjies jy Ma mee kan...
Wat nou van ons water?
Ons kyk na waterprobleme. Hier is nog wenke om water te bespaar
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms