Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

GROENTESLAAI

Beïndruk gaste deur dié mooi (en lekker) groenteslaai

4 porsies

4 vars mielies

botter

sout en peper

2 50 g (1 pakkie) jong

groenboontjies

50 g (½ pak) babaspinasie

5 pikantrissies, fyngekap

2 avokado’s

SLAAISOUS

30 ml (2 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) olyfolie

knypie swartpeper

1 Stoom mielies en groenboontjies in stomer tot gaar, maar nie sag nie.
2 Smeer mielies met botter en geur met sout en peper.
3 Rooster mielies onder oond se element tot goudbruin. Draai mielies van tyd tot tyd om en hou pal dop.
4 Laat mielies bietjie afkoel en sny mieliepitte teen stronk af.
5 Pak spinasie op slaaibord en sprinkel groenboontjies, mieliepitte en pikantrissies bo-oor.
6 Trek avokado se skil af en sny in skywe. Plaas bo-op slaai.
7 Slaaisous Plaas al die bestanddele saam in glasbotteltjie, skud en giet oor slaai.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Wat bepaal ons aantrekkingskrag?
Dis die maand van liefde en ons kyk na hoekom mense na mekaar aangetrek word
Geniet só ’n flatervrye bakdag
Moir’s, die vertroude handelsnaam vir gebak en nageregte, het seker gemaak dat elke bakdag flatervry is.
Waar kom blink idees vandaan?
Is dit altyd ander mense wat Eureka-oomblikke beleef terwyl jy nog sit en tob? Jy kan jou kreatiwiteit stimuleer
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms