Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

STERKOS: ANNA DAVEL - BILTONG-EN-BOKMELKKAAS-SLAAI

‘Ek het eendag dié slaai met bestanddele in my yskas aanmekaargeflans. Ek het dit dadelik neergeskryf, want die kombinasie is heerlik!’

Anna Davel maak musiek wat die sinne streel en die hart roer. Dié pragtige vrou is baie besig op die verhoog en vertel sy maak selde kos. Sy hou baie van olywe, biltong, roketblare, seekos (garnale en oesters), knoffel, suurlemoen en olyfolie. Sy hou ook daarvan om koljander en neutmuskaat te gebruik.

Biltong-en-bokmelkkaas-slaai

4 porsies

300 g (1 pakkie) wilde roket

4 agurkies (soet en suur), in blokkies gesny

250 g (1 bakkie) rosatamaties, gehalveer

200 g nat beesbiltong, gekerf

100 g (1 rolletjie) bokmelkkaas (Geluksfontein)

1 6 calamata-olywe (Romesco)

SLAAISOUS

60 ml (4 e) Sicilian-slaaisous (Romesco)

1 Pak slaaibestanddele op geskikte opdienbord.

2 Bedien slaaisous saam met slaai.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Kuns: Joburg Art Fair
In Vrouekeur van 26 Augustus skryf Johan Myburg oor die Joburg Art Fair wat deel is van die Joburg Art Week in September. Die inligting hier onder is...
VIDEO: Vou 'n Paashaas-servet
Hierdie servet is 'n MOET vir die Paastafel
Ons gesels met Hykie Berg
Ons gesels met die akteur en Survivor-wenner Hykie Berg.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms