Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

SALMSLAAI MET PONGRÁCZ ROSÉ-SLAAISOUS

Vier die warm weer met ‘n heerlike vars slaai en ‘n glasie Pongrácz Rosé

Bedien 4

SLAAISOUS

180 ml (¾ k) olyfolie

60 ml (¼ k) Pongrácz Rosé

10 ml (2 t) heuning

60 ml (¼ k) granaatpitte

handvol pietersielie, gekap

sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

SLAAI

200 g gerookte salm

2 Granny Smith-appels, dun gesny

100 g swartbessies

8 klein radyse

handvol eetbare blomme

handvol klein kruieblaartjies

handvol granaatpitte

1 Slaaisous Klits al die bestanddele saam. Geur met sout en vars swartpeper.

2 Meng appels, swartbessies, radyse, blomme, kruie en granaatpitte. Voeg salm by en meng liggies.

3 Bedien met Pongrácz Rosé-slaaisous.

Besoek www.pongracz.co.za, volg Pongrácz op Facebook en op Twitter @Pongracz. Die hele Pongrácz-reeks is aanlyn by Vinoteque te koop.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Kan jy jou gesig -en lyfwas, sonskerm en jou gesig -en lyfroom met olieprodukte vervang? JA!
Hoekom is olies so goed vir jou vel? Kyk na hierdie video van die kenners agter Bio-Oil en Lipidol. Jou wintervel bedank jou! www.lipidol...
‘n Skat in jou sak?
Meredith Derman, woordvoerder van Stephen Wels and Co, gee die volgende algemene wenke as dit by die aanskaf van antieke ware kom:
Adam
Hugo, Reynardt en Joe van die sanggroep ADAM gesels met ons
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms