Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

STERKOS: ANTOINETTE LOUW- BROCCOLI-EN-PEER-SOP

Sy hou daarvan om met vars produkte te kook en veral met kruie. Sy het ook haar eie kruietuin. “Daar is geen kosse wat ek nie eet nie en ek hou altyd daarvan om nuwe dinge te probeer.”

Broccoli-en-peer-sop

4 tot 6 porsies

bietjie olie

klont botter

7 ml matige kerriepoeier

4 preie, gekap

700 g (1 groot kop) broccoli, in

blommetjies gesny

3 ryp pere, ontpit en grofgekap

75 ml (5 e) hoenderaftrekselpoeier

van Ina Paarman

1,25 l (5 k) kookwater

2 sirkels fetakaas, grofgebreek

1 Smelt olie en botter saam in groot kastrol.

2 Voeg kerrie en preie by. Soteer tot preie sag is.

3 Voeg broccoli en pere by en soteer vir 3 minute.

4 Voeg hoenderaftreksel by kookwater en roer tot opgelos. Voeg aftreksel by mengsel in kastrol.

5 Prut vir 15 minute of tot broccoli sag is.

6 Roer fetakaas by.

7 Verpulp sop met handmenger tot fyner, maar nie glad nie.

8 Sit warm voor.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Redakteursbrief: Kuier om 'n lang tafel saam met ...
Dis koue kos, Skat, gegrond op Marita van der Vyver se roman, is tans op die silwerdoek te sien. Christiaan J de Swardt het op bl 45 met 'n paar van...
Kykgenot
Leon van Nierop kyk in ons 4 Julie-uitgawe na ? paar interessante flieks. Hier is ekstra inligting
Nuwe tapas-spyskaart by Creation Wyne in die Hemel-en-Aarde-vallei
Creation Wyne in die Hemel-en-Aarde-vallei buite Hermanus, het pas hul nuwe tapas-spyskaart bekendgestel.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms