Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

MOJITO'S

Maak die drankie op 'n warm somersdag

8 glase

500 ml (2 k) water

500 ml (2 k) suiker

30 mentblaartjies

4 tot 6 lemmetjies

2 l sodawater of limonade

Bacardi-rum na smaak

fyngekapte ys

1 Verhit water en suiker in kastrol oor matige hitte tot suiker opgelos is. Laat kook nog vyf minute. Verwyder van hitte en gooi mentblaartjies by.
2 Roer deur en laat vir ongeveer vier uur afkoel. Haal mentblaartjies uit.
3 Rol lemmetjies op werksoppervlak met palm van jou hand tot bietjie sagter. Dit help dat sap makliker uitdruk.
4 Sny lemmetjie in middel deur, druk sap uit en voeg by suikerstroop. Hoeveelheid lemmetjies wat jy wil gebruik, hang van jou smaak af.
5 Verdun suikerstroop met sodawater of limonade. Voeg rum by soos verkies.
6 Gooi fyn ys in glase en verdeel drankie tussen glase.
7 Voeg nog vars mentblaartjies by en sit koud voor.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Redakteursbrief: Kom ons lag 'n slag
As 'n mens sien wat in die wêreld aangaan, kan jy soms moedeloos raak en in 'n spiraal van pessimisme vasgevang word.
Ons gesels met: Kobus Geldenhuys
Een vir een beland jou gunstelingstories uit jou kinderdae splinternuut op jou kind se boekrak - in pittige Afrikaans, wat selfs volwassenes laat...
Papierpopsak
Dié buitengewone papierpoppatroon is ietwat ongewoon en gee ’n speelsheid aan hierdie sak. Jy kan ook die ontwerp raam
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms