Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

SPEKKROKETTE OP STOKKIES

Bederf gaste met dié lekkerny

12 porsies

500 g (4 groot) aartappels, geskil

1 hoenderaftrekselblokkie

15 ml (1 e) botter

sout en peper na smaak

1 eiergeel

klont botter

250 g (1 pakkie) spek, gekap

10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap

3 grasuie, gekap

5 ml (1 t) Dijonmosterd

OM IN TE ROL

125 ml (½ k) koekmeel

1 eier, geklits

125 ml (½ k) droë broodkrummels

genoeg olie vir vlakvetbraai

1 Kook aartappels in borrelende water waarby hoenderaftrekselblokkie gevoeg is tot jy aartappels met mes kan deursteek.
2 Dreineer. Voeg botter, sout en peper by. Druk met aartappeldrukker tot glad en fyn.
3 Roer eiergeel by tot goed gemeng. Plaas in yskas tot afgekoel.
4 Smelt botter in kastrol. Soteer spek tot gaar. Voeg pietersielie en grasuie by en soteer tot net gaar.
5 Roer mosterd by en meng by aartappelmengsel.
6 Vorm in happiegrootte balletjies.
7 Om in te rol Rol in koekmeel, geklitste eier en dan in broodkrummels en plaas in yskas vir een uur tot styf.
8 Verhit genoeg olie en diepvetbraai balletjies tot goudbruin.
9 Steek balletjies op sosatiestokkies en sit saam met doopsous voor indien verkies.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Steve deur die jare
Steve Hofmeyr se verjaardag is 29 Augustus ... daarom kyk ons vandag so bietjie na al die foto's wat ons van hom deur jare geneem het
Uit die kelder
Wêreldomgewingsdag word op 5 Junie 2014 gevier. Hoewel ‘n mens dadelik aan sonkrag en herwinning dink, kan wynlandgoedere ook hul deel doen. Twee...
Kuns: Ai Weiwei
In Vrouekeur van 1 April skryf Johan Myburg oor die werk van die Chinese kunstenaar Ai Weiwei. Die inligting hieronder is ter aanvulling van die...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms