Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

OUTYDSE GEMMERBIER

Warm somerdae kan maklik afgekoel word met heerlike koue gemmerbier

ongeveer 3 liter

50 g of 1 stuk vars duimgrootte

gemmer

3 l (12 k) water

750 ml (3 k) suiker

2,5 ml (. t) droe kitsgis

5 ml (1 t) wynsteensuur

5 ml (1 t) kremetart

90 ml (6 e) rosyntjies

  1. Spoel stukkie gemmer onder lopende water af. Sny in kleiner stukke en plaas saam met water en suiker in kastrol.
  2. Kook oor matige hitte vir een uur. Roer gereeld totdat suiker opgelos is.
  3. Verwyder van hitte en laat vir een uur afkoel.
  4. Roer kitsgis, wynsteensuur, kremetart en rosyntjies bymekaar. Meng van afgekoelde stroop by. Roer tot gemeng.
  5. Giet hierdie rosyntjiemengsel terug by stroop in kastrol. Roer goed deur.
  6. Sit deksel op en laat staan vir 24 uur. Die rosyntjies behoort dan bo-op te dryf.
  7. Skep rosyntjies en gemmerstukke uit.
  8. Gooi gemmerbier in bottels, maar nie tot bo nie. Laat ongeveer 6 cm ruimte aan bokant van bottel toe. Sit twee rosyntjies in elke bottel terug.
  9. Draai doppies op en hou in yskas tot benodig.
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Kuns: Kuns deur die eeue
Skoonheid is gesien as die produk van proporsie en harmonie, skryf Johan Myburg
Mode: Versier só
Maak mooi met pragtige bykomstighede soos dié. Moenie ons 1 Mei-uitgawe misloop nie!
Zita en Burgerd sing
Zita en Burgerd gee vir ons 'n voorsmakie van hoe dit sou klink as hulle eendag besluit om saam 'n album te maak
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms