Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

STERKOS: GERRIE PRETORIUS - PAELLA

Paella is kos wat jy buite op die vuur kan maak. Gerrie is mal oor buite kuier en sê dis ’n sosiale manier van kos maak

4 tot 6 porsies


60 ml (4 e) olyfolie

2 uie, gekap

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies

gesny

1 chorizoworsie, in wieletjies gesny

3 hoenderborsies, in klein blokkies

gesny

15 ml (1 e) vars knoffel, gekap

5 ml (1 t) borrie

500 ml (2 k) rou rys

2,5 ml (½ t) sout

1 ml swartpeper

330 ml (1 blikkie) bier

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

500 ml (2 k) bevrore ertjies

500 ml (2 k) bevrore garnale, geblansjeer en skoongemaak

500 ml (2 k) bevrore calamariringe, ontdooi


Stel oond op 180 °C.

  1. Verhit olie en braai uie, soetrissie en chorizo tot sag, ongeveer 5 minute in geskikte kastrol/bak wat ook in oond geplaas kan word.
  2. Voeg hoender en knoffel by en braai tot ligbruin, ongeveer 5 minute.
  3. Voeg borrie, rys, sout en peper by en roer goed deur.
  4. Voeg bier en net 500 ml (2 k) van hoenderaftreksel by. Hou 250 ml (1 k) eers eenkant.
  5. Verhit bestanddele tot kookpunt. Plaas deksel bo-op en plaas in oond vir 30 minute.
  6. Haal uit oond, roer ertjies, garnale en calamari by. Roer goed deur. Gooi ekstra hoenderaftreksel by indien nodig.
  7. Sit deksel op en draai stoof se hitte na 220 °C. Plaas terug in oond vir nog 15 minute.
  8. Haal paella uit, garneer met gekapte pietersielie en sit met suurlemoenwiggies voor.

WENK

Gebruik groot heel garnale en maak dit apart op baie hoë hitte in botter gaar met genoeg sout en swartpeper.

Rangskik gaar garnale op paella

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Aftrede – vreugde of ramp?
Dit kan traumaties wees om die arbeidsmark te groet, skryf Carla van der Spuy

  OP ONS VOORBLAD Pasgetroud & dolgelukkig ...
OORMAAKSESSIE: Kyk hoe lyk sy nou
Suzette Jonker se oormaaksessie in Vrouekeur van Oktober 2011 het haar só geïnspireer dat sy besluit het om ‘n algehele verandering te maak.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms