Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

STERKOS: GYS DE VILLIERS - BEESFILET

Gys de Villiers deel sy resep vir 'n beesfilet met ons

Die gewilde akteur Gys de Villiers sê hy hou van kos maak. “My maag is koning en ek luister na hom,” sê hy. Hy glo ook sy kos smaak altyd lekkerder as gekoopte kos. Hy kook graag met komyn, koljander, knoffel en gemmer. “Hierdie bestanddele maak enige maaltyd eksoties. Ek is ook aan rissies verslaaf.” 

Beesfilet

6 porsies

1 kg beesfilet

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap (opsioneel)

Maldonsout na smaak

swartpeper

Stel oond op 250 °C.

1 Stop filet met knoffel (opsioneel).

2 Plaas filet op foelie in oondbak, maar moenie filet met foelie bedek nie.

3 Bak filet vir 25 minute. Haal uit oond en geur na smaak met sout en swartpeper.

4 Vou filet in nog twee lae foelie toe, maar nie te styf nie.

5 Draai toegedraaide foeliepakkie in sewe lae koerantpapier toe.

6 Sit filet in louoond of in afgeskakelde oond vir 1½ uur vir ekstra hitte. Dit gee jou genoeg tyd om res van maaltyd voor te berei.

Hierdie metode verseker dat jou vleis bottersag is.

 
MEER RESEPTE EN KOS
Interessante artikels
Meeste kommentaar
’n Gebore kok
Wilmien Smuts is die hoofsjef by die Red Table-restaurant buite die Paarl en vertel sy is gebore met ‘n belangstelling in kos
Kies 'n boek: Nagmusiek deur Stephanus Muller
Daar is niks ‘gewoons’ aan hierdie meesterstuk nie
Kies 'n boek - 9 Mei 2014
Willie Burger kyk hierdie week na Edwin Cameron se boek Justice – A Personal Account
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms