BOEKE EN WYN: VINKEL EN KOLJANDER

Wie is dan nie mal daaroor om onder ‘n warm kombers op die bank op te krul met ‘n goeie boek in die een hand en ‘n glas wyn in die ander nie? Maryna Strachan van die TOPS at SPAR Wine Show en Sonja Janse van Rensburg van plaaslike boekwinkel, Graffiti Books & Stationery, paar die beste van beide wêrelde in aanloop van die nasionale wyn skou wat vir die eerste keer in Pretoria plaasvind hierdie jaar by Menlyn Park inkopiesentrum vanaf 25 tot 27 Augustus.

Soos die perfekte roman tussen literatuur en fyn wyn, het die dames die unieke parings voorgestel om verskeie genres, onder meer ‘n riller, liefdesverhaal, drama en komedie by die skou beskikbaar te stel. Om jou tong te terg, bied Maryna en Sonja ‘n voorsmakie van hoe die geskrewe woord hand aan hand met die wêreld van wyn gaan.

Diep en intense sielkundige riller

Paula Hawkins se The Girl on a Train is ‘n totale blaai-draaier, boeiend tot die laaste woord. Dit vertel ‘n hartseer verhaal van Rachel Watson, ‘n 32-jarige wat steier oor die ontbinding van haar huwelik aan Tom. Soos wat sy haar werk, selfwaarde en ingetoënheid verloor, spioeneer sy op Tom en sy nuwe familie terwyl sy op die trein elke dag verby sy huis ry. Rachel word obsessief met Tom se buurvrou soos wat sy haar pyn probeer herlei, en begin haarself in die buurvrou se lewe indink. Dié droom is verpletter toe sy iets sien wat haar woedend maak en daartoe lei dat sy gekneus en gehawend met geen geheue van die vorige aan wakker word….

Girl on a Train pas by ‘n wyn wat groot geure verhef. Dit is Marianne se Floreal,” stel Maryna voor. “’n Komplekse neus vol vrugte geure met asemrowende aromas van donker kersies en rooibessies asook ‘n aanduiding van vanielje. Dit is net die kultivar om te proe terwyl jy jouself in ‘n boek gepak met intensiteit en emosie verloor.”

Lig en maklik

Vir iets ‘n bietjie minder intens stel Sonja ‘n vroue literatuur se nuwe koningin, Jojo Moyes se Me Before You, voor. Tans ‘n treffer film, dié verhaal handel oor Lou Clark, ‘n prettige en kreatiewe 26-jarige wat van een werk na ‘n ander hop. Dit is nou totdat sy ‘n versorger en metgesel van Will Traynor word – ‘n ryk jong bankier wat in ‘n rolstoel is na ‘n ongeluk. Vasbeslote om vir Will te wys dat sy lewe die moeite werd is, pak dié twee ‘n avontuur aan wat aansienlik groter is as waarop hulle aanvanklik staat gemaak het.

“’n Groot internasionale treffer soos dié benodig ‘n ooreenstemmende MCC en daar is nie een beter as Avondale se bekroonde Armilla nie. ‘n Organiese wyn, is dit ‘n herdenking aan die lewe. Ryk en rond op die tong is dit ‘n perfekte balans van geroosterde, warm, haselneutbrood en kweper,” stel Maryna voor. “Dit sal ook perfek wees vir ‘n lekker dames aand om die fliek saam te kyk.”

Propvol emosie en drama

Emily Hobhouse: Beloved Traitordeur Elsabe Britz is ‘n vars, effens anderse uitkyk na ‘n besonderse vrou en haar lewenslange veg vir geregtigheid. Deur uit te styg bo die beperkings van haar geslag en klas, toer Emily Hobhouse oor kontinente en spreek haar uit oor oppressie. ‘n Passievolle aktivis en feminis, staan sy beide die 1899-1902 Anglo Boere-oorlog asook die Eerste Wêreld Oorlog teen, wat tot aantuigings van verraad lei.

“’n Verhaal soos dié kort ‘n wyn wat kenmerkend van sy terroir is en wat ‘n vol, lang nasmaak los” meen Maryna. “Dit is Zandvliet se gehoute Chardonnay; dit is ‘n ware wyn en bied ryk geure van kokosneut, vanielje, pomelo en marmelade.”

Tref die regte plek met ‘n literêre pop

As jy soos 27% van Amerikaanse volwassenes is wie, volgens Pew Navorsingsentrum, aangedui het dat hulle nie ‘n boek in die laaste jaar gelees het nie, dan is James Patterson se Bookshots net die ding vir jou. ‘Bookshots’ bevat boeiende avontuur en aksie-belaaide kortstories en jy kan hierdie “boeke” in ‘n middag deurlees. Die ervaring is gelyk daaraan om ‘n film te lees. Paar die pop van literatuur met ‘n wyn wat opslag lewer soos Diemersdal se Sauvignon Blanc.

“Die klassieke-styl wyn pas by ‘n geleentheid wat vars, somerig en lig is. Bookshots stem met sy onmiddellik-bevredigende bui ooreen en beide kan as ‘n middagete of sonsondergang “eie-tyd” geniet word”, stel Maryna voor.

Oor liefde, verlies en die lewe

Nog ‘n boek-word-grootskerm is Marita van der Vyver se Dis Koue Kos, Skat, ‘n lighartige, satiriese komedie. Die roman, wat die vorm van ‘n brief aanneem, openbaar in ‘n briefwisseling wat oor ‘n dekade plaas gevind het – aan ‘n ontroue man en vroulike vriendinne. Die storie van Clara Brand handel oor ‘n verhaal van ‘n man wat sy vrou los vir een van haar beste vriendinne en die stadiums van herstel wat dit verg. ‘n Vreeslose uitstorting van ‘n slim en gesofistikeerde storielyn.

“Hierdie meesterstuk pas by Bosman se Chenin Blanc, ‘n vakmanskap wat literatuur met dieselfde waarde ophef. Geskik vir wyn- en boekliefhebbers, is hierdie die wynmaker se gunsteling; ‘n ware kunswerk,” meen Maryna.

“Boeke en wyn is soos vinkel en koljander. Die perfekte aanvulling vir ‘n ontspanne aand of ‘n rustige naweek, is beide boeiend, dapper en vermaaklik en bring dit die beste in mekaar uit – ‘n boekklub is mos uit die aard van die saak net ‘n ander naam vir wynklub! Skep ‘n vonk deur ‘n literêre genre te kies en dit dan met net die regte diepte van verleiding, drama of aanloklikheid te paar,” sluit Maryna af.

Sluit aan by Sonja en Maryna by die Graffiti Boek & Wyn paring stalletjie by die TOPS at SPAR Wine Show vanaf 25 tot 27 Augustus by Menlyn Park Inkopiesentrum. Klik hier om meer oor die skou te lees. Hier kan jy deur die boeke loer of selfs koop, en dit met net die regte wyn paar.

Kaartjies na die skou kan aanlyn op www.itickets.co.za of by die deur gekoop word.

Send this to a friend