Brei ’n gestreepte kombersie

Hierdie maklike gestreepte kombersie word oor die skuinste gebrei

Deur CHRISTA SWANEPOEL

Wat het jy nodig?

2 balle elk FAMILY KNIT CHUNKY in Sunshine, Royal en School Navy (50 g)

5,5 mm-naald of 5,5 mm-sirkelnaald

Mate

70 cm x 70 cm

Brei-inligting

Wissel kleure elke 8 rye af.

Afkortings

aw – aweregs
don – draad om naald
ks – koussteek
r – regs
r2tes – regs 2 ste tesame
rVa – regs voor en agter in dieselfde st
VK – verkeerde kant
vlg – volgende

Soek jy nog ‘n komberspatroon? Hekel dié baie gewilde chevron-kombers

Aanwysings

Stel 5 ste op.
1ste ry: r3, don, r2. 6 ste
2de ry: r3, don, r3. 7 ste.
3de ry: r3, don, r tot einde. 8 ste. Herh laaste ry vir 136 rye. (17 kleurstrepe of 141 ste) Begin vermindering soos volg:
Vlg ry: r2, r2tes, don, r2tes, r tot einde. Herh laaste ry tot 5 ste. Heg af.

Werk kruisies of strepe met geel tussen twee kleure blou

Wenke

  • Brei die kombersie in een kleur of met pastelstrepe.
  • Met die sirkelnaald kan die kombersie nog groter gebrei word.
  • Brei vier blokke en werk dit agterna aan mekaar vir ’n groot kombers.

Send this to a friend