Brei ’n heerlike, koel trui

Brei hierdie heerlike koel trui om jou uitrusting op te kikker

Deur CHRISTA SWANEPOEL

Moeilikheidsgraad: **

Wat het jy nodig?

  • 5 balle BLUE LABEL COUNTRY COLLECTION DK (100 g) in Purple (nr 48)
  • 4 mm-naalde
  • 6 knope

Grootte

Pas borsmaat 76–81(86–91; 97–102) cm

Spanning

22 ste x 30 rye = 10 cm oor ks met 4 mmnaalde

Afkortings

bandste – bandsteke; don – draad om naald; gl1 – glip 1 st regsgewys; herh – herhaal; r – regs; tes – tesame; tgso – trek glipsteek oor; vlg – volgende; vmeer – vermeerder; vmin – verminder

Patroonsteke

A Kantsteek (oor veelvoud van 17 ste) 1ste ry: r3tes, r4, don, r1, don, r1, don, r1, don, r4, gl1, r2tes, tgso. 2de en elke alt-ry: aw. 3de ry: r1, r3tes, r3, don, r1, don, r1, don, r1, don, r3, gl1, r2tes, tgso, r1. 5de ry: r2, r3tes, r2, don, r1, don, r1, don, r1, don, r2, gl1, r2tes, tgso, r2. 7de ry: r3, r3tes, r1, don, r1, don, r1, don, r1, don, r1, gl1, r2tes, tgso, r3. 9de ry: r4, r3tes, don, r1, don, r1, don, r1, don, gl1, r2tes, tgso, r4. 10de ry: aw. Herh 1ste tot 10de ry.
B Gaatjiesteek (oor veelvoud van 4 ste, plus 3) 1ste ry (RK): r. 2de ry: aw. 3de ry: r2, *r2tes, don, r2, herh van * tot laaste st, r1. 4de ry: aw. 5de ry: r. 6de ry: aw. 7de ry: *r2tes, don, r2, herh van * tot laaste 3 ste, r2tes, don, r1. 8ste ry: aw. Herh van 1ste tot 8ste ry.

LEES OOK: Brei ’n maklike trui vir ’n man

Brei-inligting

Werk knoopsgate soos volg in regtervoorrand: Werk 6 rye in reksteek van begin af. 7de ry (RS): r2, heg 2 ste af, r2. 8ste ry: pat tot laaste 6 ste, r2, stel 2 ste op oor afhegste, r tot einde. Herh elke 23ste ry (of 8 cm), met laaste een teenoor begin van halsvorming.

Aanwysings

AGTERPANT
Met 4 mm-naalde stel 104(119; 121) ste op en werk 4 rye in rs. Gaan soos volg voort met kantpatroon:
1ste ry: r1(0; 1), 1ste ry van kantpat en eindig met r1(0; 1).
2de ry: aw.
3de ry: r1(0; 1), 3de ry van kantpat en eindig met r1(0; 1).
4de ry: aw.
Gaan so voort met kantpat en herh pat 3 keer. Vlg ry: r. Vlg ry: r en vmin 1(4; 2) ste eweredig oor ry. 103(115; 119) ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r.
Vlg ry: aw. Begin met gaatjiespatroon en gaan voort tot gaatjiespatroon sowat 24 cm lank is van rif-rye af, eindig met 8ste ry.
Vlg ry: aw en vmeer 2 ste vir 1ste en 3de grootte en vmin 2 ste vir 2de grootte oor ry. 105(113; 121) ste. Vlg ry: aw.
Mousgatvorming
Vlg ry: heg 5(6; 7) ste af, r tot einde. Vlg ry: heg 5(6; 7) ste af, aw tot einde. 95(101; 107) ste. Vlg ry: r2tes, r tot laaste 2 ste, r2tes. Vlg ry: aw. Herh laaste 2 rye nog 4 keer. 85(91; 97) ste. Gaan voort in ks en vmin 1 st aan weersk van vlg ry dan vlg alt rye 0(1; 3) rye. 83(87; 89) ste. Gaan voort tot mousgate 21,5 (23, 24) cm lank is, eindig met VK ry.
Skouervorming
Heg 8 ste aan beg van vlg 4 rye af, dan 8 (9; 9) ste aan beg van vlg 2 rye. Heg oorbl 35 (37; 39) ste af.
REGTERVOORPANT
Stel 57 (61; 74) ste op en werk 4 rye rs. Gaan soos volg voort met pat:
1ste ry: r6 (bandste), r0(2; 0), 1ste ry van kantpat, en eindig met r0(2; 0).
2de ry: aw tot laaste 6 ste, r6.
3de ry: r6 (bandste), r0(2; 0), 3de ry van kantpat, en eindig met r0(2; 0).
4de ry: aw. Gaan so voort met pat en brei deurgaans bandsteke in rs en herh pat 3 keer.
Vlg ry: r.
Vlg ry: r en vmin 0(0; 9) ste eweredig oor ry. 57(61; 65) ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r.
Vlg ry: aw. Begin met gaatjiespatroon en behou bandste en gaan voort tot gaatjiespatroon sowat 24 cm lank is van rif-rye af, eindig met 8ste ry.
Vlg ry: aw en vmin 1(0; 0) ste oor ry. 56(61; 65) ste.
LEES OOK: Brei: Drie blokke maak ’n trui
Mousgatvorming
1ste ry: heg 5(6; 7) ste af, aw tot einde.
2de ry (voorrand): r6, r2tes, r tot laaste 2 ste, r2tes.
3de ry: aw. Herh laaste 2 rye tot 41(45; 48) ste.
Vir slegs 1ste grootte
Gaan voort in ks en vmin 1 st slegs aan mousgatrand in vlg ry. 40 ste. Werk 1 ry in ks.
Vir slegs 2de en 3de grootte
Gaan voort in ks en vmin 1 st aan albei kante soos tevore in vlg en vlg alt ry. (41; 44) ste. Werk 1 ry in ks.
Vir slegs 3de grootte
Vmin 1 st slegs aan mousgatrand in vlg ry. Werk 1 ry in ks. Vmin 1 st aan weersk soos tevore in vlg ry. 41 ste. Werk 3 rye in ks.
Vir al 3 groottes
Gaan voort in ks, vmin 1 st slegs aan voorrand in vlg en vlg 4de rye tot 30(31; 31) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 21,5 (23; 24) cm lank is, eindig met RK-ry. Skouervorming
Vlg ry: heg 8 ste aan beg van vlg en vlg alt ry af. Werk 1 ry. Heg 8(9; 9) ste af en hou randste op steekhouer.
LINKERVOORPANT
Voltooi soos regtervoorpant tot mousgatvorming en eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
1ste ry: heg 5(6; 7) ste af.
2de ry: aw.
3de ry: r2tes, r tot laaste 8 ste, r2tes (voorrand), r6.
4de ry: aw. Herh laaste 2 rye tot 41(45; 48) ste.
Vir slegs 1ste grootte
Gaan voort in ks en vmin 1 st slegs aan mousgatrand in vlg ry. 40 ste.
Werk 1 ry in pat.
Vir slegs 2de en 3de grootte
Gaan voort in pat en vmin 1 st aan albei kante soos tevore in vlg en vlg alt ry. (41; 44) ste. Werk 1 ry in pat. Vir slegs 3de grootte Vmin 1 st slegs aan mousgatrand in vlg ry. Werk 1 ry in pat. Vmin 1 st aan weersk soos tevore in vlg ry. 41 ste. Werk 3 rye in pat.
Vir al 3 groottes
Gaan voort in ks, vmin 1 st slegs aan voorrand in vlg en vlg 4de rye tot 30(31; 31) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 21,5 (23; 24) cm lank is, eindig met RK-ry.
Skouervorming
Vlg ry: heg 8 ste aan beg van vlg en vlg alt ry af. Werk 1 ry. Heg 8(9; 9) ste af en hou randste op steekhouer.
MOUSGATRANDE (dieselfde)
Werk skouernate toe. Tel op en r 91(95; 101) ste rondom musgatrand. Werk 5 rye in rs. Heg af.

Om te voltooi

Werk mousgatrand en synate toe. Sit 6 randste aan een kant terug op naald en werk in rs tot dit in middel van nek agter pas as dit effens gestrek word. Doen dieselfde met ander rand. Werk kort kante aan mekaar vas en werk band oor nekrand vas. Werk knope teenoor knoopsgate aan.

Send this to a friend