Brei ’n knus mus vir ’n seun | Vrouekeur

Brei ’n knus mus vir ’n seun

Brei hierdie mus met ’n interessante kleurpatroon!

Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto ELMARIE KNAPTON

Wat het jy nodig?

1 bal elk FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) in Mist (C), Marigold (A) en Limeade (B) (of enige drie kleure soos verkies) 5,5 mm-naalde

Mate

Pas 4–7 (8–12) jaar

Patroonsteek

Veelvoud van 6 plus 5 1ste en 3de ry: met A r. 2de en 4de ry: met A aw. 5de ry: *met B aw5, dan met C don, r1, don, herh van * tot laaste 5 ste, met B aw5. 6de ry: met B r5, *met C aw3, met B r5, herh van * tot einde. 7de ry: *met B aw5, met C r3, herh van * tot laaste 5 ste, met B aw5. 8ste ry: met B r5, *met C aw3tes, met B r5, herh van * tot einde. Herh vanaf 1ste ry.

BREI OOK: Hekel ’n warm mus

Afkortings

aw – aweregs aw2tes – aweregs 2 ste tesame don – draad om naald ks – koussteek r – regs r2tes – regs 2 ste tesame VK – verkeerde kant vlg – volgende

Aanwysings

MUS Met C stel 65(71) ste op en werk in 1×1-rif vir 10 rye. Begin met patroonsteek en herh 3 keer, TERSELFDERTYD, in laaste ry vmin 1 st oor ry vir eerste grootte en vmeer 1 st oor ry vir 2de grootte. 64(72) ste. Vlg ry: met A (r6, r2tes) tot einde. 56(63) ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: (r5, r2tes) tot einde. 48(54) ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: Met B (aw4, aw2tes) tot einde. 40(45) ste. Vlg ry: r. Vlg ry: (aw3, aw2tes) tot einde. 32(36) ste. Vlg ry: r. Vlg ry: (aw2, aw2tes) tot einde. 24(27) ste. Vlg ry: r. Breek draad af, ryg deur oorbl st, trek styf en met regte kante opmekaar werk naat agter toe. TOSSEL Draai drie kleure saam ’n paar keer om CDkassie. Knip een kant oop. Bind draad styf deur toe kant. Vou dit saam en bind 2 cm van toe kant af saam.

Om te voltooi

Werk tossel bo-op mus vas.

Wenk

Brei dit in sagte kleure vir ’n meisiekind

Send this to a friend