Mosselpasta

Resepte met vis en seekos smaak vorentoe

• 4 porsies

BESTANDDELE
klont botter
1 ui, fyn gekap
1 selderystingel, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 rooi brandrissie, gehalveer, ontpit en fyn gekap
10 ml (2 t) koekmeel
90 ml (6 e) witwyn
250 ml (1 k) room
knypie sout en swartpeper na smaak
30 ml (2 e) fyn parmesaankaas
166 g (83 g x 2 blikkies) geblikte mossels, gedreineer
500 g (1 pak) penne pasta
10 ml (2 t) olie
5 ml (1 t) sout

METODE
1 Smelt botter in kastrol. Soteer ui, seldery, knoffel en brandrissie tot ui sag is.
2 Roer koekmeel by. Roer witwyn stadig by terwyl geroer word. Voeg room by terwyl geroer word. Prut sous oor lae hitte tot verdik.
3 Voeg sout, peper en parmesaankaas by. Roer tot gemeng.
4 Roer mossels liggies by en hou warm.
5 Kook pasta in borrelende soutwater waarby olie en sout gevoeg is. Kook tot al dente.
6 Dreineer en spoel onder lopende water af. Roer ekstra olie deur pasta.
7 Skep pasta in opdienborde en skep mosselsous bo-oor.
8 Sit warm voor.

Send this to a friend