Woordfees: Dag 10

0

woordfees_10

Dis Maryke Roberts se tiende en laaste dag vir Vrouekeur by die Woordfees op Stellenbosch. Klik op die foto om te sien wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.

Maryke Roberts

Die gees het nie afgeneem net omdat die Woordfees gister ten einde geloop het nie. Daar was gisteraand tot laataand nog toneel, musiek en films. By Weltrevreden het Spekkies en die drie varkies die kleinspan vermaak; Alex Hamilton, kuns kurator, het die laaste rondleiding gedoen en by Die Khaya het Veritas en Agri Expo ’n merino-skaapboudproe aangebied.

By Laer as Laag is daar tot laataand musiek gemaak en die Living Ubuntu Youth Film fees is by die Oude Libertas Amfiteater gehou.

A doll’s house, in Engels opgevoer, is Christiaan Olwagen se verwerking van Hendrik Ibsen se teks. Dit is ’n klassieke toneelstuk wat gereeld opgevoer word en vertel die verhaal van vennootskap en mag, geld en die huwelik, leuens en verraad. Dit open vandeesweek by Die Baxter-teater in Kaapstad.

 

 

By die US Kunsmuseum kon jy buiten die nuwe boeke in die ATKV Boekwinkel, ook lekker snuffel tussen die tweedehandse boeke op die stoep.

In die Pretorianer, Mxolisi Vusi Beauchamp se uitstalling, Grootgroteske, word begrippe soos post-ras, post-swart, post-apartheid, uitgebeeld.

Jade Wilson en Lauren Boesak bied springmielies aan vir die 3 minute lange kortfilms wat regoor die feesterrein geniet kon word.

 

Jennifer Steyn as Nora Helmer en Dawid Minnaaras Dr. Rank in A doll’s house.

Jennifer Steyn as Nora Helmer, Anthea Thompson as Kristine Linde en Martin le Maitre as Torvald Helmer in A doll’s house.

SOURCES
Clifford Roberts

Lees ook dié

biltongpatee_in_filodoppies

Biltongpatee in filodoppies

ongeveer 40 happies 125 g (¼ blok) botter 250 g (½ pak) filodeeg BILTONGPATEE klont botter 1 ui, fyn gekap 2,5 ml (½ t) droë ...