
Hierdie gourmetbroodjie met gerookte salm lyk spoggerig vir ’n ontbyt
Gourmetbroodjie
4 porsies
BESTANDDELE
1 ciabattabrood, in skywe gesny 
botter vir smeer 
6 eiers 
80 ml (1/3 k) room 
sout en peper 
neutmuskaat 
100 g (1 pakkie) gerookte salm 
3 heel gaar bete, in skyfies gesny 
1 rooi ui, baie dun gesny 
METODE
1 Rooster brood onder element tot goudbruin. Smeer met botter. 
2 Klits eiers, room, sout, peper en neutmuskaat saam. 
3 Smelt nog bietjie botter in pan en gooi eiermengsel daarin. Roer tot gaar. 
4 Sit roereier op broodjie, gevolg deur stukkie salm en paar skyfies beet. Garneer met uie. 

Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.
