Jodetert

’n Jodetert is ’n lekkerte van bros koekies met ’n ryk vlavulsel. Bak ’n slag hierdie Suid-Afrikaanse gunsteling

Deur MARELI VISSER  

6 koeklagies

Bestanddele

840 ml (360 g) koekmeel
120 ml (115 g) strooisuiker
2,5 ml (½ t) sout
290 ml (280 g) botter
750 ml (3 k) melk
15 ml (1 e) botter
125 ml (½ k) suiker
2 groot eiers
50 ml (3 e + 1 t) vlapoeier
50 ml (3 e + 1 t) mielieblom (Maizena)
50 ml (3 e + 1 t) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
5 ml (1 t) vanielje
250 ml (1 k) melk 

Metode

Voorverhit oond tot 200 °C, voer ses 22 cmkoekpanne met waspapier uit en spuit dit met kleefwerende sproei.

  1. Sif droë bestanddele saam en vryf botter in tot koekiedeeg vorm.
  2. Verdeel deeg in ses gelyke dele. Druk elke deel plat in koekpan om ronde koekie te vorm.
  3. Bak koekies vir 10 minute tot goudbruin en gaar. Herhaal tot al ses koekies gebak is. Laat afkoel en verwyder uit panne.
  4. Verhit melk, botter en suiker tot byna kookpunt.
  5. Meng eiers, vlapoeier, mielieblom, koekmeel, sout, vanielje en melk.
  6. Gooi vlamengsel stadig by warm melkmengsel en roer oor stadige hitte tot vla begin dik raak en kook. Verwyder van hitte en laat effe afkoel.
  7. Skep vlavulsel in spuitsak en spuit tussen koekielae en ook bo-op.
  8. Verpak koek in lugdigte houer en laat vir 12 uur staan.
  9. Versier met vars blomme en bedien.  

Send this to a friend