Emmertjie-adventskalender

Met hierdie Adventskalender is die aanloop na Kerstyd nog opwindender

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS

Benodigdhede

  • Plank van 70 cm x 36 cm
  • Merkpen (koki)
  • Maatband
  • 24 L-hakies (3 cm lank)
  • Verskeidenheid klein houtnommers (1 tot 24)
  • Swart spuitverf
  • 24 klein rooi metaalemmertjies
  • Sterk gom houtletters (Slapies tot Kersfees)

Instruksies

  1. Skuur die kante van die hout indien nodig. Verf houtbord in kleur van jou keuse of gebruik klaar gesnyde wit melamienbord.
  2. Merk met liniaal en merkpen 10 cm van bo en onder af.
  3. Merk 7 cm van elke kant van houtbord af.
  4. Meet vier rye dwars en ses rye van bo na onder eweredig uit.
  5. Draai L-hakies in houtbord op gemerkte plekke.
  6. Pak houtnommers van 1 tot 24 op koerantpapier en spuit met ’n laag swart spuitverf. Laat droog word.
  7. Plak nommers op metaalemmertjies en laat droog word.
  8. Vul metaalemmertjies met lekkergoed of enige ander verrassings. Hang dit op hakies.
  9. Pak houtletters op koerantpapier en spuit met swart spuitverf. Laat droog word en plak op bokant van bord.

Send this to a friend