Katte vs honde | Vrouekeur

Katte vs honde

katte_honde

Wie is die slimste? Katmense sal sê katte en hondmense natuurlik honde. Lees wat hierdie nuwe studie sê

 

Deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Ek het altyd gedog ek’s ‘n hondemens tot ek ‘n kat gekry het. Nou is ek iets van als. Ek is net so mal oor my kat as oor my hond.

Maar is een intelligenter as die ander?

Japannese wetenskaplikes het nou bewys dat katte en honde ewe slim is.

Die groep wetenskaplikes van die Kyoto-universiteit se bevindings is in die Behavioural Processes-joernaal gepubliseer. Daar is gevind dat katte en honde aangename herinneringe kan herroep.

Dr Saho Takagi sê die studie impliseer dat daar wel ‘n soort bewustheid by katte en honde is.

Verskeie studies is op honde en katte gedoen en die uitslae was ooreenstemmend. Voorheen is daar byvoorbeeld nie geglo dat katte ‘n langtermyngeheue het nie, maar hulle het wel.

Bron: www.telegraph.co.uk

 

Send this to a friend