Tuin: Engelse lushof toor met plante | Vrouekeur

Tuin: Engelse lushof toor met plante

tuin_engelse_lushof

As jy reg beplan kan jy gou ‘n belonende tuin kry

MARYKE ROBERTS

As jy ’n skadukolletjie in jou tuin het waar die gras net nie wil groei nie het jy ’n paar opsies soos Margaret Hitchman van Somerset-Wes ontdek het:

• Gebruik bloekomstompe of groot dennestompe, saag dit in ewe dik ringe en lê dit as trappies in ’n tuinpaadjie en vul die grond rondom die trappies met bas op.

• As die wind te erg in jou omgewing waai, gebruik steeds die houttrappies, maar vervang die bas met klippies wat swaarder is en nie deur die wind rondgewaai gaan word nie.

• As jy nie boomstompe in die hande kan kry nie of bang is dit verweer te gou, gebruik sementstene wat soos houtstompe lyk en lê in dieselfde patroon.

• As jy van groen tussen-in hou, lê dieselfde patroon uit, maar plant tiemie of ment tussenin wat lekker sal ruik as jy daarop trap, of wissel dit met graspolletjies vir variëteit af.

 

 

SOURCES
JAC KRITZINGER

Send this to a friend