Hoe jou iPhone jou in ’n noodgeval kan help | Vrouekeur

Hoe jou iPhone jou in ’n noodgeval kan help

Met Emergency SOS in iOS 11 kan jy vinnig en maklik om hulp bel en jou noodgeval-kontakte laat weet.

Hier is hoe dit  in Suid-Afrika werk:

  • As jy ooit in ’n noodgeval is, kan die lock-knoppie vyf keer druk waarna daar ‘n noodgevalskerm sal opkom.
  • As jy dan energency SOS kies, bel dit outomaties 112.
  • Ná die noodoproep geëindig het, waarsku dit jou noodkontakte met ‘n SMS, behalwe as jy kies om dit te kanselleer.
  • Jou iPhone stuur vir hulle jou huidige ligging en vir ‘n rukkie ná jy in SOS-modus is, hou dit jou noodkontakte ingelig as jou ligging verander.

 

Hierdie is baie belangrike inligting wat elkeen wat ‘n iPhone het, moet weet. Maak seker dat jy jou mense daarvan inlig!

Lees meer oor die Emergency SOS op Apple se webwerf

Send this to a friend