6 maniere om jou metabolisme te versnel

Jou metabolisme neem van jou 25ste tot 70ste jaar maar omtrent 10% af, soos jou liggaam spiermassa verloor en dit met vet vervang. Verander dit só

Jou metabolisme neem van jou 25ste tot 70ste jaar maar omtrent 10% af, soos jou liggaam spiermassa verloor en dit met vet vervang.

 

1 Eet min … en meer. Klein etes deur die dag, in plaas van drie groot etes, hou jou metabolisme aan die gang.

2 Bou spiere. Spiere is lewende weefsel en verbrand dus meer kalorieë as vet. Vir elke 500 g spiere verbrand jy ’n ekstra 50 kalorieë per dag sonder dat jy enigiets ekstra hoef te doen.

3 Eet lae GI-kosse, wat jou bloedsuiker oor langer tydperke konstant hou.

4 Eet so vroeg moontlik ontbyt. Dit skop jou metabolisme aan die gang wat verlangsaam het terwyl jy geslaap het.

5 Eet genoeg. As jy minder as 1 000 kalorieë per dag eet, gaan jou liggaam in sy hongersnoodwerking in, wat me tabolisme vertraag en vet stoor. As jy jouself uithonger deur minder as 500 g per dag te eet, vertraag jou metabolisme met tot 87%.

6 Vroetel. Klein beweginkies die hele dag, soos om jou voet te skud terwyl jy TV kyk, verhoog jou metabolisme met tot 25%. Doen dit die hele dag en jy verbrand op die ou end ’n hele klomp ekstra kalorieë. 

Send this to a friend