Kan jy dit oorvertel?

Ons vermoë om inligting te onthou, word grootliks beïnvloed deur die kos wat ons eet.

Noudat die eksamens in volle swang is, is dit noodsaaklik dat skoliere reg eet om te sorg vir maksimum breinkrag en inligtingretensie sodat hulle ekstra skerp in die eksamenlokaal is.

Christian Matuz, ‘n voedselvervaardigingskenner en die eienaar van iHealth Meals, ‘n spyseniering- en maaltydafleweringsdiens wat gesonde maaltye by jou persoonlike doelwitte en daaglikse voedingsbehoeftes aanpas, gee die volgende wenke aan matrieks om hulle paraat te hou in die stresvolle eksamentyd:
 
Vermy:
Vervang met:
Bruisdrankies wat kaffeïen bevat
Groentee
Die kaffeïen in kola’s hou jou wel wakker, maar die groot hoeveelheid suiker kan jou energievlakke vinnig laat styg en summier laat val. Vervang dit eerder met groentee, ‘n alternatief wat natuurlike kaffeïen bevat, maar ook ryk is aan antioksidante.
Grondboontjiebotter op witbrood
Amandelbotter op volkoringbrood
Kies liewer volkoring- as witmeelkoolhidrate, aangesien die lae glukemiese indeks ‘n bron vir aanhoudende energie is. Die omega-3-vetsure in amandels is noodsaaklik om jou brein behoorlik te laat funksioneer.  
Hoenderslaai met ysbergslaaiblare
Salm en spinasie
Hoender is wel ‘n goeie bron van laevetproteïne, maar salm is ‘n goeie gehalteproteïen en bron van DHA, wat glo alzheimersiekte beveg. Salm is ook ‘n goeie bron van vitamine D, ‘n voedingsmiddel wat volgens bewyse kognitiewe afname teëwerk. Spinasieblare is propvol voedingsmiddels wat demensie afwend, soos folate, vitamine E en vitamine K.
Suikerhoudende lekkers
Vrugte soos braambessies en appels
Vrugte bevat fruktose, ‘n natuurlike, ongeraffineerde suiker wat ‘n goeie energiebron is.  Appels is een van die beste bronne van quercetin, ‘n plantaardige chemikaliese antioksidant wat jou breinselle beskerm en só jou brein wakker hou. Braambessies bevat sterk antioksidante wat as polifenole bekend staan. Hulle moedig skakeling tussen neurons aan en verbeter sodoende jou vermoë om inligting te absorbeer.
 
Vir meer inligting oor iHealth Meals, besoek www.ihealthmeals.com
 

 

Send this to a friend