Leon Rousseau oorlede | Vrouekeur

Leon Rousseau oorlede

leon_rousseau_oorlede

Leon Gerdener Rousseau is op 24 Februarie 2016 oorlede. Leon was ‘n Afrikaanse skrywer en stigterslid van die uitgewery Human & Rousseau. Hy word onthou as skepper van die gewilde jeugreeks Fritz Deelman asook die gewilde Storieman-reeks.

Rousseau word deur sy kinders Pierre, Chris, Louise, Leontine en Marie-Louise, en agt kleinkinders oorleef.

Publikasies deur Rousseau:

Jeugboeke:

Die groot avontuur – wondere van die lewe op aarde, Nasionale Boekhandel, 1956
Fritz Deelman en die Suidpoolbende, Nasionale Boekhanel, 1957
Fritz Deelman en die Skepe van Mars, Nasionale Boekhandel, 1957
Fritz Deelman en die Groen Dood, Nasionale Boekhandel, 1958
Marco Polo van Venesië, Nasionale Boekhandel, 1958
Die Florentyn, Nasionale Boekhandel, 1959
Fritz Deelman en die Diepsee Duikbol, Nasionale Boekhandel, 1958
Fritz Deelman en die Gori Lama, Nasionale Boekhandel, 1959
Fritz Deelman en die Woestynrowers, Tafelberg, 1960
Fritz Deelman en die Ondersese Myn, Tafelberg, 1963

Nie-fiksie:

Die groot verlange: die verhaal van Eugène N. Marais, Human & Rousseau, 1974
Die groot avontuur – wondere van die lewe op aarde, Human & Rousseau, 2006

Kinderboeke:

Die Groot Oerwoudboek (redakteur), Human & Rousseau, 1967
Ou Tante Koba: Sewe-en-twintig rympies oor ’n bekende volkskarakter, Human & Rousseau, 1971
Professor Oer en sy diere, Human & Rousseau, 1971
Die bruilof van die voëls, Human & Rousseau, 1972
Die Kaapse vlek: ’n rympie oor die Ou-Kaap, Human & Rousseau, 1972
Die Diere-ABC, Human & Rousseau, 1974
Rympies vir kleuters (samesteller), Human & Rousseau, 1974
Rympies vir kinders (samesteller), Human & Rousseau, 1976
Herelandgoed, Human & Rousseau, 1976

Inligting: Wikipedia

Send this to a friend