Tyd saam met jou gesin

McDonalds deel ‘n paar wenke hoe om spesiale gesinsherinneringe te skep

"" Dit was Gesinsdag op 1 April en daarom het McDonalds ‘n beroep op die publiek gedoen om saam met hulle die dag “aflyn” deur te bring. Die boodskap? Bêre ‘n bietjie daardie tablet en sakrekenaar en bring gehaltetyd saam met jou mense deur.  

Die bekende gesinskenner, skrywer en motiveringspreker Nikki Bush gee ‘n paar wenke hoe om spesiale gesinsherinneringe te skep:

          Kinders het gehaltetyd saam met hul ouers nodig. Die beste geskenk wat jy aan hulle kan gee, is eenvoudig jou teenwoordigheid. Dit is egter ‘n groot uitdaging vir besige 21ste eeuse ouers.

          Maak ‘n afspraak met jou kinders, soos om vir ‘n burger of melkskommel  uit te gaan.

          Leer hoe om vinnige speletjies met jou kinders te speel. Speel sommer soos kruisies en kringetjies op ‘n papierservet!

          Behou oogkontak met jou gesinslede as jy met hulle gesels en voer gesprekke met jou kinders sodat hulle weet hulle word gehoor.

Besoek www.mcdonalds.co.za

Send this to a friend