Aarbeikoekstruif

aarbeikoekstruif

Dié aarbeikoekstruif is ’n lekker variasie van ’n gewone koekstruif

6 porsies

Bestanddele

WIT LAAG

250 g (1 pakkie) mascarponekaas

60 ml (4 e) strooisuiker

250 ml (1 k) room

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

VLALAAG

1 l (4 k) volroommelk

385 g (1 blik) kondensmelk

155 ml (½ k + 6 t) vlapoeier

knypie sout

AARBEIE EN KOEK

1 gekoopte vanieljekoek

5 00 g (1 groot pak) aarbeie, gewasen in skyfies gesny

100 g (1 pak) pekanneute, grofgekap

1 pakkie Rolo’s, gehalveer

LEES OOK:Maak aarbei-hertzoggies

Metode

  1. Wit laag Meng mascarponekaas en strooisuiker. Klits room saam met vanieljegeursel styf en roer by mascarponekaas. Hou eenkant.
  2. Vlalaag Plaas melk en kondensmelk saam in glasbak wat in mikrogolf pas. Roer tot gemeng.
  3. Skep 250 ml (1 k) van melkmengsel uit en roer by vlapoeier.
  4. Verhit solank melkmengsel in mikrogolf vir drie minute op hoog.
  5. Voeg vlamengsel stadig by warm melkmengsel terwyl jy roer.
  6. Plaas terug in mikrogolf. Mikrogolf op hoog vir een minuut. Roer en mikrogolf weer vir een minuut.
  7. Roer knypie sout by.
  8. Laat vla effens afkoel. Hou eenkant.
  9. Sny koeklaag horisontaal in helfte deur. Gebruik koekiedrukker en druk vorms uit koek.
  10. Pak koeklaag in bak met 18 cmdeursnee. Skep helfte van vla daarop. Sprinkel aarbeie, neute en Rolo’s oor.
  11. Skep helfte van witlaagmengsel bo-op, dan weer ’n koeklaag en volg weer res van stappe.
  12. Rond soos verkies met nog vars aarbeie af.

 

Send this to a friend