
Maak blindevinke as die honger knaag – dit behoort ’n gunsteling te word!
Foto’s ANDREA CALDWELL
Assistent JASMYN VAN HEERDEN 
Blindevinke
4 porsies
Bestanddele
1 ui, fyngerasper 
½ rooi soetrissie, baie fyn gesny 
15 ml (1 e) varsgekapte pietersielie 
1 sirkel fetakaas, gekrummel 
250 ml (1 k) broodkrummels 
1 eier 
100 g maalvleis 
800 g (8 stukke) minute steaks 
80 ml koekmeel 
sout en peper 
250 ml beesvleisaftreksel 
Metode
1 Braai ui en soetrissie in bietjie olie tot sag. 
2 Laat uiemengsel afkoel en meng pietersielie, fetakaas, broodkrummels, eier en maalvleis by. 
3 Verdeel in agt stukke. 
4 Vorm elke stuk van maalvleismengsel tot worsie en plaas op een kant van ’n minute steak. Rol op en steek met tandestokkie vas. 
5 Rol in meel en geur met sout en peper. 
6 Braai elke blindevink in warm pan met bietjie olie tot bruin. 
7 Sit blindevinke in oondbak en gooi aftreksel oor. 
8 Maak met foelie toe en bak vir 40 minute of tot vleis sag is. 
9 Bedien met polenta. 

Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.
