Eiervrugslaai

eiervrugslaai

Hierdie eiervrugslaai is heerlik én vol proteïne

4 porsies

5 eiervrugte

olyfolie

sout en peper na smaak

150 g (1 pakkie) klein spinasieblaartjies

1 fetakaassirkel

60 ml (4 e) granaatpitte

60 ml (4 e) dennepitte, liggies gerooster

hand vol vars koljanderblare

SLAAISOUS

45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 e) heuning

1 ml fyn komyn

5 ml (1 t) witasyn

KYK HIERDIE VIDEO: Maak ‘n eiervrugpizza

Metode

  1. Sny eiervrugte in 1 cm-skywe. Verf albei kante met olyfolie en braai in warm riffelbraaipan vir ongeveer twee minute aan elke kant. Geur met sout en peper.
  2. Laat op afkoelrakkie afkoel wat op kombuispapier staan om oortollige olie te absorbeer.
  3. Pak spinasie op opdienbord gevolg deur gebraaide eiervrugskywe, fetakaas en granaatpitte.
  4. Sprinkel dennepitte en vars koljanderblare bo-oor.
  5. Slaaisous Meng bestanddele saam en giet net voor opdiening oor slaai.

 

Send this to a friend