Cappuccinokoek | Vrouekeur

Cappuccinokoek

Bak hierdie cappuccinokoek!

1 groot koek

125 g (¼ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
4 eiergele
45 ml (3 e) kitskoffie
75 ml (5 e) kookwater
5 ml (1 t) vanielje
250 ml (1 k) suurroom, teen kamertemperatuur
200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gesmelt
625 ml (2½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2 ml koeksoda
knypie sout
4 eierwitte
125 ml (½ k) strooisuiker
VERSIERSEL
75 ml (5 e) sagte botter
45 ml (3 e) kitskoffie
45 ml (3 e) kakao
125 ml (½ k) kookwater
500 g (4 k) versiersuiker, gesif
397 g (1 blik) gekookte kondensmelk

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Koek: Room botter en strooisuiker tot liggeel. Klits eiergele goed by.
  2. Meng koffie en kookwater in groot mengbak.
  3. Meng vanielje, suurroom en gesmelte sjokolade by koffie en hou eenkant.
  4. Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout.
  5. Meng sjokolademengsel en meelmengsel beurtelings by bottermengsel.
  6. Klits eierwitte tot amper styf. Voeg strooisuiker
  7. Bietjies-bietjies by en klits tot stywepuntstadium.
  8. Vou eierwitte by beslag in.
  9. Skep beslag in twee koekpanne met 22 cm-deursnee wat met bakpapier gevoer is.
  10. Bak vir 25 min. of tot toetspen skoon uitkom.
  11. Laat koeke bietjie in koekpanne afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
  12. Versiersel: Room botter tot liggeel.
  13. Meng koffie, kakao en kookwater.
  14. Meng versiersuiker en kakaomengsel beurtelings by geroomde botter. Klits tot versiersuiker glad en romerig is.
  15. Sny koeke horisontaal in helfte deur en smeer gekookte kondensmelk op twee lae. Plaas twee koeklae bo-op.
  16. Smeer versiersuiker tussen twee koeklae wat met gekookte kondensmelk opmekaar geplak is.
  17. Smeer oorblywende versiersuiker bo-oor koek.
  18. Rond verder af soos verkies.

Send this to a friend