Groenslaai

Dink bietjie uit die boks en maak dié lekker groenslaai

4 porsies

Bestanddele

aspersies, gestoom

½ kop broccoli, in blommetjies gebreek en gestoom

125 g (1 pakkie) jong groenboontjies, gestoom

250 g (1 pak) babaspinasie

1 avokado, ontpit en in repe gesny

1 komkommer, in dun repe gesny

SOUS

125 ml (½ k) ryswynasyn

60 ml (4 e) suiker

30 m (2 e) sesamolie

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

2,5 ml (½ t) gemmer, fyngekap

VIR BO-OOR

30 ml (2 e) sesamsaad, gerooster

30 ml (2 e) amandelvlokkies, gerooster

LEES OOK: Maak koeskoes en groente

Metode

  1. Stoom aspersies, broccoli en groenboontjies vir ongeveer vier minute. Groente hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
  2. Pak spinasie, gestoomde groentes, avokado en komkommer op opdienbord.
  3. Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor slaai.
  4. Vir bo-oor Sprinkel geroosterde sesamsaad en amandelvlokkies bo-oor slaai en sit voor.

 

Send this to a friend