Lemoensjiffonkoek

lemoensjoffonkoek

1 ringkoek

Bestanddele

KOEK
500 ml (2 k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
125 ml (½ k) strooisuiker
4 eiers, geskei
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) lemoensap
30 ml (2 e) water
knypie sout
1 ml kremetart
LEMOENSTROOP
187 ml (¾ k) lemoensap
125 ml (½ k) strooisuiker

Metode

Stel oond op 180 °C.
1. Sif koekmeel en bakpoeier.
2. Klits strooisuiker, eiergele en olie tot liggeel. Meng meelmengsel daarby.
3. Meng lemoensap en water en roer by beslag.
4. Klits eierwitte, sout en kremetart tot styf. Vou by beslag in.
5. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan met 24 cm-deursnee.
6. Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7. Laat 3 min. in koekpan afkoel en keer uit.
8. Stroop: Maak stroop net voor koek uit oond kom. Verhit lemoensap en strooi¬suiker tot kookpunt in kastrol terwyl af en toe geroer word. Kook nog 5 min. nadat dit begin borrel het.
9. Plaas koek in diep bord en gooi warm stroop stadig bo-oor warm koek.
10. Versier soos verkies.

Send this to a friend