Soetrissiepatee

Dis altyd goed om ’n resep vir ‘n lekker patee te hê. Probeer dié soetrissiepatee

4 porsies

Bestanddele

4 rooi soetrissies, velle verwyder
420 g (1 blik) kekerertjies
1 knoffelhuisie
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) paprika
knypie rooipeper

Metode

  1. Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en verpulp tot glad.
  2. Gooi genoeg olie by tot dit smeerbaar is.

Send this to a friend