Eenpotmaalvleisgereg

0

Eenpotgeregte is altyd ‘n treffer, juis oor dit so vinnig en maklik is. Probeer gerus dié resep

4 porsies

 

bietjie olie

2,5 ml (½ t) droë pietersielie

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

500 g beesmaalvleis

4 3 g (1 pakkie) Potato Bake (garlic and herb – Knorr)

2,5 ml (½ t) sout

knypie swartpeper

500 ml (2 k) kookwater

437 ml (1¾ k) volroommelk

500 ml (2 k) rou spiraalpasta

 

  1. Verhit bietjie olie en soteer pietersielie en knoffel vir twee minute.
  2. Voeg maalvleis by en braai tot gekleur. Roer met vurk sodat maalvleis los van mekaar is.
  3. Roer Potato Bake, sout en peper by.
  4. Voeg kookwater by en roer tot gemeng.
  5. Roer melk by.
  6. Gooi pasta by en roer deur. Prut vir 25 minute oor matige hitte sonder kastrol se deksel. Roer af en toe.
  7. Plaas kastroldeksel op en prut vir nog 10 minute.
  8. Sit warm voor soos verkies.

Lees ook dié

Kan emosies jou siek maak?

1shares 0Deel 0Twiet 0Google+ 0Pin 0Print 1E-pos Tandpyn? Is dit dalk die gevolg van erge negatiwiteit? Vind meer uit hier Zerelda Esterhuizen Een kollega het ...

Send this to friend