Eenbak-hoenderkerrie

‘n Maklike eenbak-resep perfek vir ‘n weeksaand

 

4 tot 6 porsies

6 hoenderborsies, in blokke gesny

bietjie olie

2 uie, gekap

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

1 ml droë gemengde kruie

1 selderystingel, fyngekap

½ rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)

30 ml (2 e) matige kerriepoeier

1 lourierblaar

250 ml (1 k) rou witrys

2 wortels, geskil en in dik skywe gesny

500 ml (2 k) warm hoenderaftreksel

60 ml (4 e) kookwater

knypie fyn kaneel

5 ml (1 t) sout

knypie swartpeper

125 ml (½ k) blatjang

15 ml (1 e) witasyn

h andvol vars koljander, grofgekap vir bo-oor

Stel oond op 180 °C.

  1. Verhit olie en soteer hoenderblokke tot dit net begin kleur kry. Skep uit en hou eenkant.
  2. Verhit nog olie indien nodig en soteer uie, knoffel, kruie, seldery en brandrissie tot uie sag is.
  3. Voeg kerriepoeier, lourierblaar en rys by. Roerbraai nog bietjie.
  4. Skep hoenderblokke terug en voeg wortels by.
  5. Meng hoenderaftreksel, kookwater, kaneel, sout, peper, blatjang en witasyn en giet oor rysmengsel.
  6. Plaas oondbak/kastrol in oond vir 1½ uur tot rys sag is.
  7. Sprinkel gekapte koljander oor en sit warm voor soos verkies.

Send this to a friend