Brei die maklikste poncho

Hierdie poncho kan jy vir enige grootte aanpas en maak – hoe fantasties!

 

Deur: Christa Swanepoel

Foto: Elmarie Knapton

LEES OOK: Brei ‘n anderste poncho

Wat het jy nodig?

5 balle FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) in

Cloud Blue

6 mm-naalde

6 groot knope

Spanning

14 ste x 20 rye = 10 cm oor ks met 6 mmnaalde

Dit word met dikker breinaalde as normaalweg gebrei vir ’n sagter effek

Mate

Pas 5–7 jaar Poncho is 48 cm lank en 48 cm breed en sit redelik los.

Wenke

Vir ander groottes: meet hoe breed jy dit wil hê, deel die breedte deur 10 en vermenigvuldig dit met 14 vir getal steke.
Voorbeeld: 50 cm ÷ 10 = 5 x 14 = 70 ste. Begin hals uithol sowat 8–10 cm voor verlangde lengte soos voorbeeld onder. Vir groter groottes kan nog steke weerskante van nekopening afgeheg word. Tel steke rondom halsrand op en brei die kraag so lank soos verkies.

LEES OOK: Hekel ‘n poncho in ‘n kits

Afkortings

aw – aweregs m s – mossteek (1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: regs die aw-ste en aweregs die r-ste) r – regs RKV – regterkant voor VK – verkeerde kant

Aanwysings

Voorpant
Met 6 mm-naalde stel 61 ste op. Werk in mossteek vir 6 rye.
7de ry: ms 7, r tot laaste 7 ste, ms 7.
8ste ry: ms 7, aw tot laaste 7 ste, ms 7. Herh laaste 2 rye tot werk sowat 9 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry (knoopsgatry): ms 3, heg 2 ste af, ms 2, r tot laaste 7 ste, ms 2, heg 2 ste af, ms 3.
Vlg ry: ms 3, stel 2 ste op, ms 2, aw tot laaste 7 ste, ms 2, stel 2 ste op, ms 3. Gaan voort in pat en maak knoopsgat wanneer werk 15 cm en 21 cm lank is. Gaan voort in pat tot werk sowat 40 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r23, heg middelste 15 ste af, pat tot einde en voltooi twee skouers apart. Gaan voort in pat en heg ste af aan halsrand soos volg: 3 ste 2 keer, 2 ste 2 keer. Gaan voort sonder om te vorm tot werk van begin af sowat 48 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Voltooi ander skouer soos eerste, maar spieëlbeeld daarvan.

Agterpant
Werk soos voorpant, maar laat knoopsgate weg.

Kraag
Werk regterskouernaat toe. Met RKV tel op en r sowat 72 ste om halsrand (veelvoud van 2). Werk in ms vir sowat 22 rye. Heg in ms af.

Om te voltooi

Werk linkerskouer- en kraagnaat toe.

Werk knope teenoor knoopsgate aan.

Send this to a friend