Met hierdie lekker dik breidraad kan jy gou vir jou dogter of kleindogter ’n lekker knooptrui en mus brei
WAT HET JY NODIG?
ELLE FAMILY KNIT VINTAGE CHUNKY (100 g) in Cameo Sowat 3(3; 4; 4; 5) balle vir trui en 1 bal vir mus 5 mm- en 5,5 mm-naalde 4(4; 4; 5; 5) knope
Pas grootte
Trui: 3–4(5–6; 7–9; 9–10; 11–12) jaar Mus: 3–7(8–12) jaar
Spanning
15 ste en 21 rye is 10 cm oor ks met 5,5 mm-naalde
Afkortings
alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin herh – herhaal ks – koussteek oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs R(V)K – regte (verkeerde) kant vmeer – vermeerder vmin – verminder vlg – volgende
AANWYSINGS
Agterpant
Met 5 mm-naalde stel 65(72; 79; 79; 86) ste op.
1ste ry: r2, *aw2, r1, aw2, r2, herh van * tot einde.
2de ry: aw2, *r2, aw1, r2, aw2, herh van * tot einde, Werk nog 11(11; 13; 15; 15) rye in rif.
Vlg ry: rif en vmin eweredig oor ry tot 53(57; 62; 65; 67) ste. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks tot agterpant ongeveer 24(32; 38; 50; 57) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Skouervorming Heg 9(10; 10; 11; 11) ste aan beg van vlg 2 rye af. 35(37; 41; 43; 45) ste. Heg 9(10; 11; 12; 12) ste aan beg van vlg 2 rye af. 17(17; 19; 19; 21) ste. Heg af.
Linkervoorpant
Met 5 mm-naalde stel 31(31; 38; 38; 45) ste op.
1ste ry: r2, *aw2, r1, aw2, r2, herh van * tot tot laaste st, aw1.
2de ry: r1, *aw2, r2, aw1, r2, herh van * tot laaste 2 ste, aw2. Werk in rif vir nog 11(11; 13; 15; 15) rye. Vlg ry: rif en vmin eweredig tot 25(27; 29; 31; 33) ste. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks tot werk 19(27; 33; 44; 51) cm lank is, eindig met RK-ry.
Halsvorming Vlg ry: heg 2(2; 3; 3; 4) ste af, aw tot einde. 23(25; 26; 28; 29) ste. Werk 5(5; 5; 5; 6) rye, vmin 1 st aan halsrand in elke ry. 18(20; 21; 23; 23) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot linkervoorpant so lank soos agterpant is tot by skouervorming, eindig met VK-ry.
Skouervorming Vlg ry: heg 9(10; 10; 11; 11) ste af, r tot einde. 9(10; 11; 12; 12) ste.
Vlg ry: aw. Heg af.
Regtervoorpant
Werk soos linkervoorpant maar spieëlbeeld daarvan.
Moue (dieselfde)
Met 5 mm-naalde stel 30(30; 37; 37; 37) ste op.
1ste ry: r2, *aw2, r1, aw2, r2, herh van * tot einde.
2de ry: aw2, *r2, aw1, r2, aw2, herh van * tot einde, Werk nog 11(11; 13; 15; 15) rye in rif.
Vlg ry: rif en vmin eweredig oor ry tot 24(26; 28; 30; 30) ste. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk van 3de en elke vlg 4de ry tot 36(38; 42; 36; 46) ste. Vmeer 1 st aan weersk van elke 6de ry tot 40(44; 48; 50; 54) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 29(33; 37; 41; 42) cm lank is, eindig met VK-ry.
Moutopvorming Heg 8(9; 10; 10; 11) ste aan beg van vlg 4 rye af. 8(8; 8; 10; 10) ste. Heg af.
Nekband
Werk skouernate toe. Met RKV en 5 mmnaalde tel op en r13(13; 15; 15; 17) ste eweredig langs regterkant van nek, 20(20; 23; 23; 26) ste oor agterkant van nek, en r13(13; 15; 15; 17) ste eweredig langs linkerkant van nek. 46(46; 53; 53; 60) ste.
1ste ry: aw1, *r2, aw2, r1, aw2, herh van * tot laaste 3 ste, r2, aw1.
2de ry: r1, aw2, *r2, aw1, r2, aw2, herh van * tot laaste st, r1. Herh 1ste en 2de rye nog 1(1; 2; 2; 2) keer en dan nog 1ste ry 1 keer. Heg in rif af.
Linkervoorrand
Met 5 mm-naalde stel 6 ste op.
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: aw.
4de ry: r. Herh 1ste tot 4de ry tot band oor hele voorste rand pas as dit effens getrek word. Heg af. Werk vas oor linkervoorpant en merk eweredig op rand plek vir 4(4; 4; 5; 5) knope.
Regtervoorrand
Werk soos linkervoorrand, maar maak knoopsgate soos volg teenoor ooreenstemmende merk aan linkervoorrand: pat2, heg 2 ste af, pat2. In vlg ry stel 2 ste op teenoor afhegste.
Om te voltooi
Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie, werk sy- en mounate toe tot ongeveer 15(17; 18; 19; 20) cm van skouernaat af. Werk knope aan. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Mus
Met 5 mm-naalde stel 64(70) steke op en werk 10(14) rye in 2×2-rif. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks tot werk van begin af sowat 20(23) cm lank is, eindig met VK-ry.
Topvorming Vlg ry: *r6(5), r2tes, herh van * tot einde. 56(60) ste.
Vlg en elke alt ry: aw.
Vlg ry: *r5(4), r2tes, herh van * tot einde. 48(50) ste.
Vlg ry: *r4(3), r2tes, herh van * tot einde. 40(40) ste.
Vlg ry: *r3(2), r2tes, herh van * tot einde. 32(30) ste.
Vlg ry: *r2(1), r2tes, herh van * tot einde. 24(20) ste.
Vlg ry: *r1(0), r2tes, herh van * tot einde. 18(10) ste.
Net 1ste grootte: (r2tes) tot einde. 9(10) ste. Knip draad lank af, ryg deur oorbl ste trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Met VK op mekaar werk naat agter toe, maar aan regte kant vir laaste deel van rif vir omslaan.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …